ASTV logo
Alles oor ASTV
 
a

 

                          Graag gee ons die instel-metode om dekodeerders in te skakel:

 

·         Druk “MENU”.

·         Gaan na “ADVANCED OPTIONS” en druk “OK”.

·         Kies “DISH INSTALLATION” en druk “OK”.

·         Pin kode is 9949.

·         Kies “NETWORK 2” en druk die regs pyltjie tot “DSTV IS7” of “DSTV PAS7” verskyn en druk “OK”.

·         Gaan na “FREQUENCY” en druk “OK”.  Vee die huidige nommer wat by die“FREQUENCY” is, uit met die links pyltjie op jou afstandbeheer.  Sleutel “11170” in en druk “OK”.

·         Die volgende is “SYMBOL RATE”, druk weer “OK” en vee uit met die links pyltjie.  Sleutel “26652” in en druk “OK”.

·         FEC” is hierna en moet op ¾ of 5/6 wees.

·         POLARISATION” moet op “VERTICAL” wees.

·         USE NIT” moet op “YES” wees.

·         By “ACCEPT ALL DISPAYED VALUES AND LEAVE SCREEN” druk “OK”.

·         Jy word nou na die 1ste skerm teruggeneem.  Gaan af na “SCAN ALL NETWORKS” en druk “OK”.

·         Jou dekodeerder “SCAN” nou vir die nuwe kanale.  Wanneer die “SCAN” voltooi is gaan jou TV terug skakel na die DSTV program, waarop jy was toe jy begin het.

·         Druk nou die TV knoppie op jou afstandbeheer en gaan na “PUBLIC IS 7/10” en druk “OK”.

·         Jou TV skakel nou oor na die “PUBLIC BOUQUET”.  Druk nou die “i” knoppie en soek na ASTV met die regs pyltjie. Dis gewoonlik kanaal 11 op die  VIVID – “free to view”-dekodeerder en kanaal 29-49 op die DSTV dekodeerder.

·         Druk “OK” sodra jy die ASTV-kanaal bereik.  Geniet jou nuwe Afrikaanse TV kanaal – GRATIS!

·         Om terug te skakel na DSTV, druk weer jou TV knoppie op jou afstandbeheer .  Gaan terug na “DSTV” en druk “OK”.

 

OF

·         Druk “MENU”.

·         Gaan na “ADVANCED OPTIONS” en druk “OK”.

·         Kies “DISH INSTALLATION” en druk “OK”.

·         Pin kode is 9949.

·         Kies “NETWORK 2” en druk die links pyltjie tot “OTHER”  verskyn en druk “OK”.

·         'n Geel blok verskyn nou op die skerm. Druk "OK".

·          Gaan af na “SCAN ALL NETWORKS” en druk “OK”.

·         Jou dekodeerder “SCAN” nou vir die nuwe kanale.  Wanneer die “SCAN” voltooi is gaan jou TV terug skakel na die DSTV program, waarop jy was toe jy begin het.

·         Druk nou die TV knoppie op jou afstandbeheer en gaan na “PUBLIC IS 7/10” en druk “OK”.

·         Jou TV skakel nou oor na die “PUBLIC BOUQUET”.  Druk nou die “i” knoppie en soek na ASTV met die regs pyltjie. Dis gewoonlik kanaal 11 op die  VIVID – “free to view”-dekodeerder en kanaal 29-49 op die DSTV dekodeerder.

·         Druk “OK” sodra jy die ASTV-kanaal bereik.  Geniet jou nuwe Afrikaanse TV kanaal – GRATIS!

·         Om terug te skakel na DSTV, druk weer jou TV knoppie op jou afstandbeheer .  Gaan terug na “DSTV” en druk “OK”.

 

Indien dit mag gebeur dat jou dekodeerder die ‘settings’ ‘verloor’.  Stel dit net weer in – dit gebeur egter net in uitsonderlike gevalle.

Vir navrae oor die Vivid of "FREE2VIEW" dekodeerders, kontak vir Ina by 076 303 7005

 

Indien enige hulp verleen moet word, is

 

Johan Nel                                       012 66 33 711

Warrior Satellite -            Len         082 360 1411

Hannes en Olga                             072 444 33 97/4

 

tot almal se beskikking

 

OM OP ASTV TE ADVERTEER, SKAKEL ASB ONS HOOFKANTOOR IN RUSTENBURG 076 303 7005 OF E-POS ONS GERUS BY

info@astv.co.za

BAIE BELANGRIK!!!! ALLE LUGTYDVERKOPE WORD SLEGS DEUR ASTV HOOFKANTOOR BEMARK EN VERKOOP. GEEN PERSOON OF INSTANSIE VERTEENWOORDIG ASTV M.B.T ENIGE VERKOPE, HETSY LUGTYD OF ENIGE PRODUKSIES, SONDER 'N BEWYSSTUK VANAF ASTV DIREKSIE NIE. INDIEN U GENADER WORD DEUR 'N VERKOOPSPERSOON EN SEKER WIL MAAK DAT U MET DIE REGTE PERSOON/E ONDERHANDEL, MOET ASB NIE HUIWER OM ONS TE SKAKEL, VIR U EIE GEMOEDSRUS NIE. SKAKEL ONS ASB DRINGEND INDIEN U ENIGE AGENT TEEKOM WAT HOM/HAAR AS 'N ASTV VERKOOPSPERSOON VOORDOEN, SONDER DIE NODIGE BEWYSE. DANKIE VIR U SAMEWERKING.

 

 

 

Afrikaanse Satelliet Televisie (ASTV) is gestig om ‘n diens te lewer as ‘n plaaslike, gemeenskapstelevisie kanaal, met Christelike beginsels. ASTV fokus op kwaliteit gesinsvermaak, aktualiteitsprogramme, nuus en sport wat nasionaal uitgesaai sal word. Alle programmatuur sal van die hoogste gehalte, nie-diskrimenerend en ook opvoedkundig wees.

Dienste
ASTV fokus op Afrikaanse, plaaslik vervaardigde films, reekse, musiek en programme. Deur die kostes binne die huidige industrie-standaard te hou sal ASTV almal die geleentheid bied om op nasionale televisie te adverteer en/of uit te saai.
Die daaglikse lopende kostes sal gedek word deur die uitsaai van advertensies en ander bemarkings- en/of promosieprogramme, asook die borgskappe van sekere programme gedurende sekere tye.

Die mark
As gevolg van ‘n gebrek aan afrikaanse media (en mediums) het ASTV die geleentheid, asook die behoefte, aan kwaliteit afrikaanse vermaak en nuus ge-identifiseer. Deur middel van sms-stelsels asook internet -sisteme, sal daar op ‘n gereëlde basis inligting van ons kykers verkry word om so ver moontlik ons diens aan die publiek op die hoogste vlak te hou.

Alhoewel ASTV fokus op die Noord-Wes provinsie en ook gaan uitsaai uit die Noord-Wes Provinsie, word die kanaal uitgesaai regoor die land asook in sekere dele van die res van Afrika. Dit beteken uitsaai en/of advertensie geleenthede is nie beperk net tot ‘n sekere gebied/streek nie.

 

Neem asb kennis dat u nie ASTV of enige persoon werksaam by ASTV verantwoordelik kan hou wanneer u probleme ondervind om self u dekodeerder in te stel nie. Die prosedure is redelik eenvoudig en duisende kykers het dit suksesvol ingestel. Volg die prosedure noukeurig en moenie kortpaaie probeer neem nie. Stel slegs netwerk 2 in!

Skakel asb 'n professionele instansie ( kyk verskeie skakels na instansies onder "skakels" op ons webwerf of onder "hoe werk dit") indien u daarmee sukkel ...

Whilst all the information on this web site is presented in good faith,ASTV and its service providers will not be held liable or accountable for any opinion,either expressed or implied, through this web site, or any other documentation.

Copyright reserved © 2009 ASTV | Developed by LKDA